Acts 16:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het gekom en hulle gesmeek en hulle uitgelei en gevra dat hulle uit die stad moes vertrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het hulle om verskoning gevra, hulle uit die tronk gelei en hulle gevra om die stad te verlaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het hulle gekom en hulle gesmeek en uitgelei met die versoek om uit die stad te vertrek. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het gegaan en om verskoning gevra, hulle uit die tronk uitgelei en hulle versoek om die stad te verlaat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het hulle om verskoning kom vra, hulle uitgelei en versoek om die stad te verlaat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het toe gegaan en hulle het mooi met Paulus en Silas gepraat en gesê dat hulle jammer is oor wat hulle gedoen het. Die Romeinse regeerders het hulle uit die tronk geneem en vir hulle gevra om weg te gaan van die stad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom is hulle haastig na die tronk toe om hulle om verskoning te gaan vra. Hulle het vir Paulus en Silas uit die tronk gelei en hulle mooi gevra om die stad te verlaat. |