Acts 16:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die dienaars het hierdie woorde aan die magistrate vertel, en hulle was bevrees toe hulle hoor dat hulle Romeine was.
Afrikaans (NLV) 2011 Die polisie het hierdie boodskap vir die stadsowerhede vertel, en hulle het groot geskrik toe hulle hoor Paulus en Silas is Romeinse burgers.
Afrikaans 1933/1953 En die geregsdienaars het hierdie woorde aan die regters oorgebring, en die het bang geword toe hulle hoor dat hulle Romeine was.
Afrikaans 1983 Die polisie het dit toe vir die stadsbestuur gaan vertel. Dié het groot geskrik toe hulle hoor dit is Romeinse burgers.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die geregsdienaars het hierdie boodskap aan die stadsbestuurders oorgedra. Toe hulle hoor dat Paulus en Silas Romeinse burgers is, het hulle bang geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die polisie het hierdie dinge vir die Romeinse regeerders gaan vertel. Toe hulle hoor dat Paulus en Silas Romeinse burgers is, het hulle bang geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die hooflanddroste hoor wat Paulus gesê het, het hulle hulle yskoud geskrik. Hulle het nie besef dat Paulus en Silas Romeinse burgers was nie.