Acts 16:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Paulus sê vir hulle: Hulle het ons, wat Romeine is, openlik onveroordeeld geslaan en ons in die gevangenis gewerp; en nou stoot hulle ons in die geheim uit? nee voorwaar; maar laat hulle self kom en ons gaan haal.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Paulus het geantwoord: “Ons is sonder dat ons skuldig bevind is, in die openbaar geslaan en in die tronk gestop — en dít terwyl ons Romeinse burgers is. En nou wil hulle ons sommerso stilletjies ontslaan. Volstrek nie! Laat hulle ons self kom uitlei!”
Afrikaans 1933/1953 Maar Paulus sê vir hulle: Hulle het ons in die openbaar onveroordeeld geslaan, ons wat Romeinse burgers is, en ons in die gevangenis gewerp, en wil hulle ons nou in die geheim uitwerp? Volstrek nie! Laat hulle self kom en ons uitlei.
Afrikaans 1983 Maar Paulus sê vir die polisie: “Ons is sonder verhoor in die openbaar geslaan en in die tronk gestop, ons wat Romeinse burgers is. En nou wil hulle ons stilletjies hier wegkry. O nee! Laat hulle self kom en ons uitlei.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Paulus het die geregsdienaars geantwoord: “Hulle het ons sonder verhoor in die openbaar laat slaan en in die tronk laat gooi, alhoewel ons Romeinse burgers is, en nou wil hulle ons stilletjies uitgooi? Beslis nie! Laat hulle ons self kom uitlei.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Paulus het vir die polisie gesê: “Ons is Romeinse burgers, en niemand het ons in 'n hof ge-oordeel nie. Maar die Romeinse regeerders het ons laat slaan waar almal dit kon sien, en hulle het ons in die tronk laat gooi. En nou wil hulle vir ons laat uitgaan uit die tronk en hulle wil hê niemand moet dit weet nie. Dit sal glad nie gebeur nie! Daardie Romeinse regeerders moet kom en hulle moet self vir ons uit die tronk lei.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “O nee, hulle het ons in die openbaar laat slaan sonder enige verhoor. Boonop het hulle ons, wat wetsgehoorsame Romeinse burgers is, in die tronk gegooi,” het Paulus geantwoord. “Nou wil hulle ons stilletjies loslaat. Nee, ons sit in die tronk totdat hulle ons om verskoning kom vra en ons hier uitlei.”