Acts 16:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die bewaarder van die gevangenis het hierdie woord aan Paulus vertel: Die magistrate het gestuur om jou te laat gaan; trek dan nou weg en gaan in vrede. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die tronkbewaarder het toe die boodskap aan Paulus oorgedra en gesê: “Die landdroste het laat weet dat julle losgelaat moet word. Julle kan dan nou vertrek; gaan in vrede.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die tronkbewaarder het hierdie woorde aan Paulus oorgebring: Die regters het laat weet dat julle losgelaat moet word; gaan dan nou uit en reis in vrede! |
| Afrikaans 1983 | Die bewaarder het toe die boodskap aan Paulus oorgedra en gesê: “Die stadsbestuur het laat weet dat julle losgelaat moet word. Julle kan nou gaan, en voorspoed op julle reis!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die tronkbewaarder het die boodskap aan Paulus oorgedra: “Die stadsbestuurders het laat weet dat julle vrygelaat moet word. Kom dan nou uit en gaan in vrede!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die wag het toe vir Paulus vertel wat die polisie gesê het. Hy het gesê: “Die Romeinse regeerders het vir my 'n boodskap gestuur dat ek julle vry moet laat weggaan. Kom nou uit en gaan weg met vrede in julle harte.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het toe vir Paulus en Silas hierdie nuus gaan meedeel: “Die hooflanddroste het laat weet dat julle vrygelaat moet word. Gaan in vrede.” |