Acts 16:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat hy hulle in sy huis ingebring het, het hy hulle voedsel voorgesit en hom verheug deurdat hy met sy hele huis in God geglo het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe bring hy hulle in sy huis in en sit vir hulle ’n ete voor. Hy en sy hele huishouding was baie bly omdat hulle nou in God geglo het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe bring hy hulle in sy huis en sit hulle 'n maaltyd voor; en hy het hom verheug met sy hele huisgesin dat hy tot geloof in God gekom het. |
| Afrikaans 1983 | Toe bring hy hulle na sy huis toe en sit vir hulle 'n ete voor. Hy en sy hele huisgesin was vol blydskap omdat hulle nou in God geglo het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het hulle na sy huis geneem en 'n ete voorgesit. Hy en sy hele huishouding was jubelend, omdat hulle tot geloof in God gekom het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die wag het hulle toe na sy huis gebring en hy het vir hulle kos gegee om te eet. Hy en almal in sy huisgesin was baie bly omdat hulle nou in God begin glo het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het almal weer in die huis ingegaan en saamgeëet. Die hoof van die tronk en almal in sy huis was baie bly dat hulle nou ook in God geglo het. |