Acts 16:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En middernag het Paulus en Silas gebid en lofsange tot eer van God gesing, en die gevangenes het dit gehoor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister. |
| Afrikaans 1933/1953 | En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister. |
| Afrikaans 1983 | Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Om middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing, en die gevangenes het na hulle geluister. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die middel van die nag was Paulus en Silas besig om te bid en om liedere te sing om God te prys. Die ander gevangenes het na hulle geluister. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Teen middernag het Paulus en Silas tot God begin bid. Hulle het ook lofliedere tot sy eer gesing. Die ander gevangenes was verstom hieroor. Doodstil het almal na hulle geluister. |