Acts 16:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n sekere vrou met die naam van Lidia, 'n purperverkoper van die stad Thiatira, wat God aanbid het, het ons gehoor; wie se hart die Here oopgemaak het, dat sy ag geslaan het op die dinge wat van Paulus gespreek is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Een van dié wat geluister het, was ’n vrou met die naam Lidia — iemand wat reeds die ware God vereer het. Sy was ’n handelaar van pers wolmateriaal en was van die stad Tiatira afkomstig. Die Here het haar hart oopgemaak sodat sy ontvanklik was vir Paulus se boodskap. |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n vrou met die naam van L¡dia, 'n purperverkoopster van die stad Thiat¡re, 'n godsdienstige vrou, het geluister; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is. |
| Afrikaans 1983 | Een van dié wat geluister het, was 'n vrou met die naam Lidia, wat die Joodse geloof aangeneem het. Sy het handel gedrywe met pers wolmateriaal en was van Tiatira afkomstig. Die Here het haar vir Paulus se woorde ontvanklik gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Vrou uit die stad Tiatira, 'n purperhandelaar met die naam Lidia, wat God vereer het, het ook geluister, en die Here het haar hart oopgemaak om ag te slaan op wat Paulus gesê het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was 'n vrou, haar naam was Lidia. Sy het ook na ons geluister. Sy het van die stad Tiatira gekom en sy was 'n handelaar in pers materiaal. Sy was nie 'n Jood nie, maar sy het vir God gedien. Die Here het haar hart oopgemaak om baie goed te luister na wat Paulus gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Een van die vroue, Lidia, wat uit die stad Tiatira afkomstig was en wat duur pers materiaal verkoop het, het vroeër al die Joodse geloof aangeneem. Sy het aandagtig gesit en luister na wat Paulus gesê het. Die Here het Lidia aangeraak sodat sy die goeie nuus oor Jesus gelowig aanvaar het. |