Acts 16:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarvandaan tot by Filippi, wat die hoofstad van daardie deel van Masedonië is, en 'n kolonie; en ons het sekere dae in daardie stad gebly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarvandaan is ons Filippi toe, die hoofstad van daardie deel van Masedonië, self ook ’n Romeinse kolonie. In hierdie stad het ons ’n tydjie gebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | en daarvandaan na Fil¡ppi, wat die eerste stad is van daardie deel van Macedonië, 'n kolonie. En ons het in hierdie stad 'n paar dae deurgebring. |
| Afrikaans 1983 | Daarvandaan is ons na Filippi toe, 'n belangrike stad in daardie deel van Masedonië en ook 'n Romeinse kolonie. In hierdie stad het ons 'n paar dae gebly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en daarvandaan na Filippi, wat 'n toonaangewende stad was in daardie deel van Macedonië, 'n Romeinse kolonie. In hierdie stad het ons 'n paar dae lank vertoef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons het van daardie stad na die stad Filippi geloop. Dit was 'n stad in die eerste deel van die provinsie Masedonië. Die stad was ook 'n kolonie van Rome. Ons het 'n paar dae in daardie stad gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons bestemming was die stad Filippi, ’n belangrike Romeinse kolonie in Masedonië. Ons sou ’n paar dae daar oorbly. |