Acts 15:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle in Jerusalem aangekom het, is hulle ontvang deur die gemeente en deur die apostels en ouderlinge, en hulle het alles vertel wat God met hulle gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle in Jerusalem aankom, is hulle deur die hele gemeente, insluitend die apostels en die ouderlinge, verwelkom. Hulle het vertel wat God alles deur hulle bediening tot stand gebring het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En by hulle aankoms in Jerusalem is hulle ontvang deur die gemeente en die apostels en die ouderlinge; en hulle het verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle in Jerusalem aankom, is hulle deur die gemeente, die apostels en die ouderlinge verwelkom. Hulle het vertel wat God alles deur hulle gedoen het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle in Jerusalem aankom, is hulle deur die gemeente en die apostels en ouderlinge ontvang. Paulus en Barnabas het vertel wat God alles met hulle gedoen het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In Jerusalem het die gemeente en die apostels en die ouderlinge vir Paulus, Barnabas en die ander vriende gesê dat hulle welkom is. Toe het Paulus, Barnabas en die ander vriende vir die mense vertel van alles wat God vir hulle laat doen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met hulle aankoms in Jerusalem is Paulus-hulle vriendelik deur die gemeentelede ontvang. Die apostels en die ouderlinge was ook daar om hulle te verwelkom. Hulle het toe aan die kerk in Jerusalem verslag gedoen van al die groot dinge wat God deur hulle laat gebeur het. |