Acts 15:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons weer gaan en ons broers besoek in elke stad waar ons die woord van die Here verkondig het, en kyk hoe dit met hulle gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Na ’n paar dae sê Paulus vir Barnabas: “Kom ons gaan terug na al die stede waar ons die woord van die Here verkondig het en kyk hoe dit gaan met ons medegelowiges.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n paar dae daarna het Paulus vir B rnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan. |
| Afrikaans 1983 | 'n Tydjie later het Paulus vir Barnabas gesê: “Kom ons gaan kyk hoe gaan dit met die gelowiges in al die stede waar ons die woord van die Here verkondig het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Paar dae later het Paulus aan Barnabas gesê: “Kom ons gaan terug en besoek die broers in elke dorp waar ons die woord van die Here verkondig het, en gaan kyk hoe dit met hulle gaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ná 'n tyd het Paulus vir Barnabas gesê: “Kom ons gaan terug om te kyk hoe dit met die gelowiges gaan in elke stad waar ons die boodskap van die Here gebring het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag het Barnabas vir Paulus kom sê: “Kom ons gaan lê weer besoek af by die gelowiges in al die stede waar ons vroeër die Woord van die Here verkondig het. Dan kan ons sien hoe dit met hulle gaan.” |