Acts 15:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat hulle 'n plek daar gebly het, is hulle in vrede van die broeders na die apostels laat gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Judas en Silas het ’n tyd lank daar gebly, en toe is hulle met ’n vredeboodskap deur die gelowiges teruggestuur na dié wat hulle afgevaardig het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat hulle 'n tyd daar deurgebring het, het die broeders hulle met vrede na die apostels laat gaan. |
| Afrikaans 1983 | Nadat Judas en Silas geruime tyd daar gebly het, het hulle teruggegaan en die groete van die gelowiges oorgedra aan dié wat hulle afgevaardig het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het 'n tyd lank daar gebly, en is toe in vrede deur die gelowiges teruggestuur na die mense wat hulle afgevaardig het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat Judas en Silas 'n tyd lank daar gebly het, het die gelowiges hulle laat gaan, en hulle het groete gestuur vir die mense in Jerusalem wat vir Judas en Silas na Antiogië gestuur het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na ’n ruk het Judas besluit om na Jerusalem terug te keer. Hy het van almal afskeid geneem. Nadat die gemeente hom ’n veilige reis toegewens het, het hy vertrek. |