Acts 15:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe hulle dan weggestuur is, het hulle in Antiogië gekom; en nadat hulle die skare bymekaargemaak het, het hulle die brief oorgegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So is hulle toe daar weg, op pad na Antiogië toe. Dáár het hulle die gemeente bymekaar laat kom en die brief oorhandig. |
| Afrikaans 1933/1953 | So is hulle dan weggestuur en het in Antioch¡ë gekom, en hulle het die menigte bymekaargeroep en die brief afgelewer. |
| Afrikaans 1983 | Die afgevaardigdes het afskeid geneem en na Antiogië toe gegaan. Daar het hulle al die gelowiges bymekaar laat kom en die brief oorhandig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So is die manne weggestuur, en hulle het na Antiogië gereis. Nadat hulle die gemeente bymekaar laat kom het, het hulle die brief oorhandig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat die mense in Jerusalem vir Judas, Silas, Barnabas en Paulus laat gaan het, het hulle na die stad Antiogië in die provinsie Sirië gegaan. Daar het hulle al die gelowiges geroep om bymekaar te kom en hulle het die brief vir hulle gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met die brief in die hand het die mans toe na Antiogië toe teruggekeer. Daar het hulle die hele gemeente bymekaargeroep en die brief voorgelees. |