Acts 15:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle deur die gemeente op pad gebring is, het hulle deur Fenicië en Samaria gegaan en die bekering van die heidene aangekondig; en hulle het groot blydskap vir al die broeders gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 So is hulle deur die gemeente uitgestuur. Hulle het deur Fenisië en Samaria gereis en vertel van die bekering van die nie-Jode. Met hierdie nuus het hulle al die gelowiges baie bly gemaak.
Afrikaans 1933/1953 En hulle is deur die gemeente uitgelei en het Fen¡cië en Samar¡a deurgegaan en vertel van die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap verskaf.
Afrikaans 1983 Nadat die gemeente hulle van die nodige vir die reis voorsien het, het hulle deur Fenisië en Samaria gegaan en vertel van die bekering van die heidene. Hieroor was al die gelowiges baie bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle is toe deur die •gemeente weggestuur, en het deur Fenisië en Samaria gereis en uitvoerig oor die bekering van die heidene berig, en sodoende groot vreugde aan al die broers verskaf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die gemeente in Antiogië het vir Paulus en Barnabas en die ander mense gestuur, en hulle het deur die land Fenisië en die provinsie Samaria gegaan. Hulle het vir die gelowiges vertel dat die heidene verander het en dat hulle begin lewe het soos God wil hê, en so het Paulus en sy vriende al die gelowiges baie bly gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op pad Jerusalem toe het die groep by die gemeentes in Fenisië en Samaria oorgebly. Hulle het vir die gelowiges vertel hoe God ook gewerk het onder mense uit ander volke op wie die Jode neersien. Toe die gelowiges hoor dat daardie mense tot geloof gekom het, was hulle baie bly.