Acts 15:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | dat julle jul moet onthou van spys wat aan afgode geoffer is, en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery; en as julle julself bewaar, sal julle goed doen. Gaan dit goed. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | dat julle julle moet weerhou van alles wat aan afgode geoffer is, en van bloed, van diere wat verwurg is, en van seksuele sondes. As julle julle van hierdie dinge weerhou, doen julle goed. Vaarwel. |
| Afrikaans 1933/1953 | dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel! |
| Afrikaans 1983 | dat julle nie vleis moet eet wat aan 'n afgod geoffer is nie, ook nie bloed nie en ook geen dier wat verwurg is nie, en dat julle onsedelikheid moet vermy. As julle julle van hierdie dinge weerhou, doen julle reg. “Hartlike groete.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bly weg van afgodsoffers, van bloed, van wat verwurg is en van hoerery. As julle julle hiervan weerhou, sal julle goed doen. Laat dit met julle goed gaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie afgod-offervleis en bloed eet nie, julle moenie iets eet wat verwurg is nie, en julle moenie onsedelik lewe nie. As julle nie hierdie dinge doen nie, dan sal julle reg doen. Groete.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie kos eet wat aan die afgode geoffer is nie. Moenie bloed drink of vleis eet van enige dier wat verwurg is nie. Moenie julle skuldig maak aan enige vorm van seksuele losbandigheid nie. As julle hierdie voorskrifte gehoorsaam, doen julle goed. Beste wense. |