Acts 15:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vir sover ons gehoor het, het sommige wat van ons uitgegaan het, julle met woorde verontrus en julle siele ondermyn en gesê: Julle moet besny word en die wet onderhou; aan wie ons nie so 'n gebod gegee het nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het gehoor dat daar mense van ons af gekom het wat julle gemoedere ontstel het met standpunte waarvoor ons hulle nie ’n mandaat gegee het nie.
Afrikaans 1933/1953 Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou,
Afrikaans 1983 “Ons het gehoor dat daar mense van ons af gekom het wat julle verwar en ontstel het deur dinge te sê waarvoor hulle geen opdrag van ons ontvang het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Aangesien ons gehoor het dat sommige mense wat van ons af gekom het, sonder dat ons hulle opdrag gegee het, julle met hulle woorde ontstel en julle gemoedere verwar het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het gehoor dat party mense hier van Jerusalem na julle toe gegaan het en dat hulle vir julle deurmekaar gemaak en ontstel het. Ons het hulle nie na julle toe gestuur nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het gehoor dat ’n klompie mense uit Jerusalem daar by julle opgedaag het wat dinge vir julle gesê het wat julle omgekrap het. Ons verseker julle dat ons hulle nie na julle toe gestuur het nie. Hulle het sonder ons toestemming na julle toe gegaan.