Acts 15:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het briewe deur hulle op hierdie manier geskryf; Die apostels en ouderlinge en broeders stuur groete aan die broeders wat uit die heidene in Antiogië en Sirië en Cilicië is: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vergadering het die volgende brief self geskryf: Hierdie brief kom van die apostels en die ouderlinge, julle broers in Jerusalem, en is geskryf aan die gelowiges uit die nie-Joodse volke in Antiogië, Sirië en Silisië. Groete! |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het deur hul bemiddeling d¡t geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antioch¡ë en S¡rië en Cil¡cië: Groete! |
| Afrikaans 1983 | Hulle het die volgende brief saamgestuur: “Van die apostels en die ouderlinge, julle broers. “Aan die gelowiges uit die heidendom in Antiogië, Sirië en Silisië. “Groete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die volgende skrywe met hulle saamgestuur: “Die apostels en ouderlinge, julle broers, aan die broers uit die heidene in Antiogië, Sirië en Silisië: Gegroet! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die apostels en ouderlinge het 'n brief geskryf wat hulle saam met Judas en Silas gestuur het. In die brief was geskryf: “Ons, die apostels en ouderlinge, julle broers, skryf vir die gelowiges wat voorheen heidene was in die stad Antiogië en in die provinsies Sirië en Silisië. Ons stuur groete vir julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is wat in die brief gestaan het: Van die apostels en die ouderlinge en al die gelowiges hier in Jerusalem. Aan almal daar in die kerk in Antiogië, Sirië en Silisië wat vanuit die nie-Jodedom kom. Ons groet julle as ons broers en susters. |