Acts 15:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die apostels en ouderlinge saam met die hele gemeente behaag om saam met Paulus en Barnabas uitverkore manne uit hulle eie groep na Antiogië te stuur; Judas het naamlik Barsabas genoem, en Silas, hoofmanne onder die broeders.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente in Jerusalem besluit om ’n afvaardiging uit hulle geledere saam met Paulus en Barnabas na Antiogië in Sirië te stuur. Hulle het twee leiersfigure onder die gelowiges gekies: vir Judas (sy noemnaam is Barsabbas) en vir Silas.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antioch¡ë te stuur saam met Paulus en B rnabas, naamlik Judas, met die bynaam van B rsabas, en Silas, manne wat voorgangers onder die broeders was.
Afrikaans 1983 Daarna het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om mense uit hulle geledere saam met Paulus en Barnabas na Antiogië toe te stuur. Hulle het vir Judas, wat ook Barsabbas genoem is, en vir Silas gekies, manne wat die agting van die gelowiges geniet het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierna het die •apostels en ouderlinge, in oorleg met die hele •gemeente, besluit om manne wat uit eie geledere gekies is, saam met Paulus en Barnabas na Antiogië te stuur. Hulle was Judas, bekend as Barsabbas, en Silas, beide leiers onder die broers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die apostels en die ouderlinge en die hele gemeente in Jerusalem besluit om mans te kies en om hulle saam met Paulus en Barnabas na die stad Antiogië te stuur. Die mans wat hulle gekies het, was leiers van die gelowiges. Hulle was Judas en Silas. Judas se ander naam was Barsabbas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal by die vergadering het met Jakobus se voorstel saamgestem. Die apostels, die ouderlinge en die gemeente het toe besluit om twee mans aan te wys om saam met Paulus en Barnabas na Antiogië toe te gaan. Hulle name was Judas (sy bynaam was Barsabbas) en Silas, twee van die leiers in die kerk. Hierdie mans moes ’n brief namens die Jerusalemgemeente na Antiogië toe vat.