Acts 15:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die hele skare stilgebly en na Barnabas en Paulus gehoor en vertel watter wonders en wonders God deur hulle onder die heidene gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was geen verdere bespreking nie en almal het vervolgens gesit en luister hoe Barnabas en Paulus vertel watter tekens en wonders God deur hulle onder die nie-Jode gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 En die hele menigte het geswyg en na B rnabas en Paulus geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die heidene gedoen het.
Afrikaans 1983 Daarna het al die mense stilgebly en na Barnabas en Paulus geluister. Hulle het vertel van die tekens en wonders wat God deur hulle onder die heidennasies gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het die hele vergadering stilgebly en na Barnabas en Paulus geluister, terwyl hulle vertel van al die tekens en wonders wat God deur hulle onder die heidene gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense het stilgebly en hulle het geluister na Barnabas en Paulus. Barnabas en Paulus het vir hulle vertel van die tekens en wonderwerke wat God hulle laat doen het tussen die heidene.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal was doodstil na Petrus se toespraak. Toe staan Barnabas en Paulus op en vertel vir die vergadering van al die groot wonders wat God deur hulle onder mense van ander volke gedoen het. Niemand het dit nou nog gewaag om iets te sê nie, behalwe Jakobus.