Acts 15:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered sal word, net soos hulle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nee! Ons glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus verlos word — en dit geld ook vir daardie mense.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook. |
| Afrikaans 1983 | Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar ons glo dat ons op dieselfde manier as hierdie mense deur die genade van die Here Jesus verlos word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, ons glo dat God ook vir ons red soos Hy die heidene red, omdat die Here Jesus genadig is vir ons.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Begryp julle dan nou nog nie dat ons uit genade deur ons Here Jesus gered word nie? Ons verdien dit nie. Hy red ander mense op presies dieselfde manier as vir ons.” |