Acts 15:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nou dan, waarom versoek julle God om 'n juk op die nek van die dissipels te lê, wat nie ons vaders en ons in staat was om te dra nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Waarom wil julle dan nou beter as God weet deur op die nek van die nie-Joodse gelowiges ’n juk te lê wat ons voorgeslagte nie in staat was om te dra nie en ons ook nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels 'n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie? |
| Afrikaans 1983 | Waarom wil julle dan nou God se geduld op die proef stel deur op die nek van die gelowiges uit die heidennasies 'n juk te lê wat ons voorvaders nie in staat was om te dra nie en ons ook nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom wil julle God dan nou toets deur 'n juk, wat nie ons of ons voorvaders kon dra nie, op die dissipels se nekke te plaas? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie nou vir God toets en kwaad maak nie, moenie 'n juk sit op die nek van die gelowiges wat voorheen heidene was nie. Julle weet dat julle voorouers nie so 'n juk kon dra nie, en ons kan ook nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Vir wat wil julle dan nou God se geduld op die proef stel deur ’n swaar gewig op gelowiges se nekke te plaas wat ons en ons voorouers nie eens kon optel nie? Hoekom verwag julle van mense wat nie Jode is nie om al ons Joodse gebruike na te kom? |