Acts 15:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sekere manne wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer en gesê: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar het mense van Judea af gekom en die gelowiges probeer wysmaak: “As julle julle nie laat besny soos Moses dit voorskryf nie, kan julle nie verlos word nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En sekere persone wat van Judiaafgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie. |
| Afrikaans 1983 | Daar het mense van Judea af gekom en die gelowiges wysgemaak: “As julle nie die gebruik van Moses nakom deur julle te laat besny nie, kan julle nie gered word nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar het sekere mense van Judea af gekom wat die broers aanhou leer het: “As julle nie besny word ooreenkomstig die gebruik van Moses nie, kan julle nie verlos word nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het party mense van die land Judea gekom na die stad Antiogië in die provinsie Sirië. Hulle het vir die gelowiges geleer en gesê: “As iemand julle nie besny soos die Wette van Moses sê nie, dan kan God julle nie red nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In daardie tyd het ’n groepie Jode uit Judea in Antiogië aangekom. Hulle het vir die Christene gesê: “Julle moet julle laat besny. So nie, sal God julle nooit red nie.” |