Acts 14:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het 'n sekere man in Listre gesit, magteloos aan sy voete, 'n kreupel van sy moeder se skoot af, wat nog nooit gewandel het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In Listra was daar ’n man wat sy voete nie kon gebruik nie. Van sy geboorte af was hy verlam en kon hy nooit loop nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in Listre het daar 'n man gesit wat magteloos was aan sy voete, kreupel van sy geboorte af, en hy het nooit geloop nie. |
| Afrikaans 1983 | In Listra was daar 'n man met gebreklike voete. Hy was van sy geboorte af verlam en kon nooit loop nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In Listra het daar 'n man gesit wat nie sy voete kon gebruik nie. Hy was van sy geboorte af verlam en kon nooit loop nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die stad Listre was daar 'n man, sy voete was verlam. Hy het nooit geloop nie, vandat hy gebore is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In Listra was daar ’n man wat sy voete nie kon gebruik nie omdat hy van sy geboorte af verlam was. |