Acts 14:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe daar 'n aanval was van die heidene sowel as die Jode met hulle owerstes, om hulle te beledig en te stenig,
Afrikaans (NLV) 2011 Op ’n stadium het die nie-Jode en die Jode, saam met hulle leiers, beplan om die apostels aan te rand en met klippe dood te gooi.
Afrikaans 1933/1953 Maar toe daar onder die heidene en ook onder die Jode, saam met hulle owerstes, 'n beweging ontstaan het om hulle te mishandel en te stenig,
Afrikaans 1983 Die heidene en die Jode saam met hulle leiers het egter oproerig begin word en wou hulle aanrand en stenig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe daar van die heidene sowel as die Jode, en ook hulle leiers, 'n aanslag kom om die apostels aan te rand en te stenig,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die heidene en die Jode en hulle leiers besluit om slegte dinge te doen aan die apostels, hulle het besluit om die apostels dood te gooi met klippe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Diegene wat teen hulle was, het toe saam met sekere stadsraadslede besluit om hulle te laat vang. Hulle was van plan om eers vir Paulus en Barnabas ’n goeie drag slae te gee en hulle daarna met klippe dood te gooi. Paulus-hulle het daarvan te hore gekom en dadelik uit die stad padgegee.