Acts 14:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle gekom het en die gemeente bymekaargemaak het, het hulle alles vertel wat God met hulle gedoen het, en hoe Hy die deur van geloof vir die heidene oopgemaak het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | By hulle aankoms het hulle die gemeente bymekaargeroep en vir hulle vertel wat God alles deur hulle gedoen het en dat Hy ook vir die nie-Jode die deur na die geloof oopgemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle daar kom en die gemeente saamgeroep het, het hulle verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het, en dat Hy 'n deur van geloof vir die heidene geopen het. |
| Afrikaans 1983 | By hulle aankoms het hulle die gemeente bymekaargeroep en vir hulle vertel wat God alles deur hulle gedoen het en dat Hy vir die heidene die deur van die geloof oopgemaak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met hulle aankoms het hulle die gemeente saamgeroep en vertel van alles wat God met hulle gedoen het, en dat Hy vir die heidene 'n deur tot die geloof oopgemaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Barnabas en Paulus in Antiogië gekom het, het hulle die gemeente bymekaargeroep en hulle het vir die gemeente vertel watter dinge God alles vir hulle laat doen het. Hulle het ook vertel dat God vir hulle gewys het dat die heidene ook in Jesus kan glo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle in Antiogië aankom, het hulle al die gelowiges bymekaargeroep en aan hulle vertel hoe God hulle gebruik het, en hoe mense wat nie Jode was nie tot geloof gekom het. |