Acts 14:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarvandaan het hulle na Antiogië gevaar, vanwaar hulle aan die genade van God aanbeveel is vir die werk wat hulle volbring het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarvandaan het hulle na Antiogië in Sirië gevaar waar hulle aanvanklik aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle nou voltooi het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarvandaan het hulle weggevaar na Antioch¡ë, waar hulle aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle volbring het. |
| Afrikaans 1983 | Daarvandaan is hulle met 'n skip terug na Antiogië toe, waar hulle aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle nou voltooi het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en daarvandaan gevaar na Antiogië, waar hulle vroeër aan die genade van God opgedra is vir die werk wat hulle nou voltooi het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het van daar met 'n skip weer teruggegaan na die stad Antiogië in die provinsie Sirië. Dit is daar waar die mense tot God gebid het dat Hy vir Barnabas en Paulus genadig moet wees, sodat Paulus en Barnabas die werk kon doen, die werk wat hulle nou klaargemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was in Antiogië waar Paulus-hulle vroeër met hulle sendingwerk begin het. Daar is Paulus en Barnabas ’n ruk vantevore deur die gelowiges aan die Here se sorg toevertrou. Nou was hulle op pad terug daarheen nadat hulle alles gedoen het wat God vir hulle gesê het om te doen. |