Acts 14:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat hulle vir hulle ouderlinge in elke gemeente aangestel het en met vas gebid het, het hulle hulle opgedra aan die Here in wie hulle geglo het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In elke gemeente het hulle vir hulle ouderlinge gekies. Nadat hulle gebid en gevas het, het die apostels hulle opgedra aan die Here in wie hulle nou geglo het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ngebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het. |
| Afrikaans 1983 | In elke gemeente het hulle ouderlinge gekies. Nadat die gemeente gebid en gevas het, het die apostels hulle opgedra aan die Here, in wie hulle nou geglo het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het in elke •gemeente vir hulle ouderlinge aangestel, en nadat hulle gebid en gevas het, hulle opgedra aan die Here in wie hulle nou geglo het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Barnabas en Paulus het vir elke gemeente ouderlinge gekies en aangestel, en nadat hulle gebid en gevas het, het hulle vir die Here gevra om te sorg vir die ouderlinge en die gemeentes wat in Hom geglo het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het ook ouderlinge in hierdie gemeentes aangestel wat moes sorg dat die gelowiges op die regte pad bly. Paulus en Barnabas het saam met hulle gebid en gevas om hulle aan die Here se sorg op te dra. |