Acts 14:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) om die siele van die dissipels te bevestig en hulle te vermaan om in die geloof te bly, en dat ons deur baie verdrukking in die koninkryk van God moet ingaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het die gelowiges geestelik versterk en hulle aangespoor om vol te hou met die geloof. “Ons moet eers deur baie verdrukking gaan voordat ons voluit aan die koningsheerskappy van God kan deel hê,” het hulle gesê.
Afrikaans 1933/1953 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.
Afrikaans 1983 Hulle het die gelowiges geestelik versterk en hulle aangespoor om getrou te bly in die geloof. “Ons sal eers deur baie verdrukking moet gaan voordat ons in die koninkryk van God kom,” het hulle gesê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het die dissipels geestelik versterk, hulle aangemoedig om in die geloof te volhard en gesê: “Ons moet deur baie ontberings heen in die •koninkryk van God ingaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In daardie stede het Barnabas en Paulus die gelowiges bemoedig, hulle het vir die gelowiges gesê om aan te hou om in Jesus te glo. Hulle het gesê: “Ons moet eers baie swaar kry voordat ons by God sal wees, daar waar Hy, die Koning, regeer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het die gelowiges moed ingepraat en hulle aangemoedig om op God se pad te volhard. “Ons gaan nog baie swaarkry voordat ons na God se wêreld toe verhuis,” het hulle ook vir die gelowiges gesê.