Acts 14:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het sekere Jode van Antiogië en Ikonium daarheen gekom, wat die volk oorreed het en Paulus gestenig het en hom uit die stad getrek het, met die veronderstelling dat hy dood was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het daar Jode van Antiogië en Ikonium af gekom en die mense na hulle kant toe oorgehaal. Hulle het Paulus gestenig en hom uit die stad gesleep onder die indruk dat hy dood is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar daar het Jode van Antioch¡ë en Ikonium aangekom, en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het, Paulus gestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood was. |
| Afrikaans 1983 | Toe het daar Jode van Antiogië en Ikonium af gekom en die mense na hulle kant toe oorgehaal. Hulle het Paulus met klippe gegooi en hom uit die stad gesleep onder die indruk dat hy dood is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar daar het Jode uit Antiogië en Ikonium aangekom en die skare oorgehaal. Hulle het Paulus gestenig en hom uit die stad gesleep, omdat hulle gedink het hy is dood. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Terwyl die apostels daar in Listre was, het Jode van die stede Antiogië in Pisidië en Ikonium daarnatoe gekom. Hulle het die mense anders laat dink, en die mense het vir Paulus met klippe gegooi. Daarna het hulle vir Paulus uit die stad gesleep, want hulle het gedink dat hy dood is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Intussen het ’n groep Jode van Antiogië en Ikonium in die stad aangekom en die skare teen die twee opgesteek. Kort voor lank was die mense so opgesweep dat hulle Paulus onder die klippe gesteek het. Daarna het hulle hom tot buite die stad gesleep en hom daar vir dood laat lê. |