Acts 14:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En met hierdie woorde het hulle die volk skaars teruggehou, dat hulle nie aan hulle geoffer het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar selfs met hierdie woorde kon die apostels skaars keer dat die mense offers aan hulle bring.
Afrikaans 1933/1953 Selfs met hierdie woorde het hulle met moeite die skare verhinder om aan hulle te offer.
Afrikaans 1983 Maar selfs met hierdie woorde kon die apostels nouliks voorkom dat die mense aan hulle offers bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar selfs al het hulle dit gesê, het hulle beswaarlik die skare daarvan weerhou om offers aan hulle te bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die apostels het hierdie dinge vir die mense gesê om hulle te keer sodat hulle nie offers vir die apostels bring nie, maar die apostels het baie gesukkel om die mense te keer, die mense wou dit nog doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Paulus en Barnabas het kliphard probeer om die skare onder beheer te kry. Uiteindelik het hulle die mense darem so ver gekry om nie ’n offer aan hulle te bring nie.