Acts 14:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die priester van Jupiter, wat voor hulle stad was, osse en kranse na die poorte gebring en wou saam met die volk geoffer het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Zeustempel was net buite die stad. Die priester van die tempel het bulle en blomkranse na die stadspoort toe gevat, en hy het gereedgemaak om saam met die skare offers aan die apostels te bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priester van Jupiter wie se tempel voor hulle stad was, het stiere en kranse na die poorte gebring en wou saam met die skare offer. |
| Afrikaans 1983 | Die priester van die Zeustempel, net buitekant die stad, het bulle en blomkranse na die stadspoort toe gevat, en hy wou saam met die mense offers aan die apostels gaan bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester van Zeus, wie se tempel net buite die stad was, het bulle en blomkranse na die stadspoorte gebring en wou saam met die skares 'n offer bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die tempel van Zeus was net buite die stad. Die priester van die tempel het toe bulle en kransies van blomme na die poort van die stad gebring, en hy wou saam met die mense die bulle vir Paulus en Barnabas offer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dadelik het die hoofpriester van Zeus se tempel, wat net buite die stad was, ’n aantal bulle en groot blomkranse begin gereed kry. Dit is na die hekke van die stad gebring waar baie mense begin saamdrom het om ’n offer te bring. |