Acts 14:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die skare sien wat Paulus gedoen het, het hulle hul stem verhef en in die toespraak van Likaónië gesê: Die gode het na ons neergedaal in die gelykenis van mense.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die skare sien wat Paulus gedoen het, roep hulle in Likaonies uit: “Die gode het met mensliggame na ons toe afgekom!”
Afrikaans 1933/1953 En toe die skare sien wat Paulus gedoen het, verhef hulle hul stem en sê in Likaonies: Die gode het soos mense geword en neergedaal na ons toe.
Afrikaans 1983 Toe die mense sien wat Paulus gedoen het, roep hulle in Likaonies uit: “Die gode het soos mense geword en het na ons toe afgekom!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die skare sien wat Paulus gedoen het, roep hulle in Likaonies uit: “Die gode het soos mense geword en na ons afgedaal!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die mense die wonderwerk sien wat Paulus gedoen het, het hulle hard in die taal van die mense van Likaonië geskree: “Die gode het afgekom na ons toe en hulle het soos mense geword!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die mense sien wat Paulus gedoen het, het hulle opgewonde in hulle Likaoniese taal uitgeroep: “Die gode het mense geword! Die gode het na ons toe gekom!”