Acts 13:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Elimas, die towenaar (want so is sy naam deur uitlegging) het hulle teëgestaan en probeer om die plaasvervanger van die geloof af te keer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die towenaar Elimas (sy naam word só vertaal) het hulle egter teengestaan omdat hy die goewerneur wou weghou van die Christelike geloof. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Âlimas die towenaar -- want so word sy naam vertaal -- het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof. |
| Afrikaans 1983 | Die towenaar, Elimas, soos hy in Grieks genoem is, het hulle egter teëgestaan omdat hy wou verhoed dat die goewerneur in Jesus glo. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die towenaar Elimas – want so word die naam Barjesus vertaal – het hulle teengestaan, omdat hy die prokonsul van die geloof wou weghou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die Griekse taal was die towenaar se naam Elimas. Hy het vir Barnabas en Saulus probeer keer omdat hy nie wou hê dat die goewerneur in Jesus moet glo nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elimas (dit is Barjesus se Griekse naam) was nie baie bly daaroor nie. Hy het die goewerneur probeer keer om na hulle te luister, want hy wou nie hê dat Sergius Paulus ’n Christen moes word nie. |