Acts 13:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy was saam met die adjunk van die land, Sergius Paulus, 'n verstandige man; wat Barnabas en Saul geroep het en die woord van God wou hoor.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy was saam met die goewerneur, Sergius Paulus, wat ’n verstandige man was. Die goewerneur het Barnabas en Saulus genooi om die woord van God van hulle te hoor.
Afrikaans 1933/1953 Hy was by die goewerneur S,rgius Paulus, 'n verstandige man. Di, het B rnabas en Saulus laat roep en het versoek om die woord van God te hoor.
Afrikaans 1983 Hy was by die goewerneur, Sergius Paulus, wat 'n verstandige man was. Die goewerneur het vir Barnabas en Saulus laat roep, want hy wou graag die woord van God hoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy was die metgesel van die prokonsul Sergius Paulus, wat 'n verstandige man was. Die prokonsul het Barnabas en Saulus laat roep, omdat hy graag die woord van God wou hoor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Barjesus was daar by die goewerneur, Sergius Paulus. Sergius Paulus was 'n verstandige man. Die goewerneur het toe vir Barnabas en Saulus laat roep omdat hy baie graag die boodskap oor God wou hoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Goewerneur Sergius Paulus het van Barnabas en Saulus te hore gekom en hulle laat haal. Hy wou persoonlik by hulle hoor wat hulle oor God te sê gehad het.