Acts 13:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle deur die eiland gegaan het tot by Pafos, het hulle 'n sekere towenaar, 'n valse profeet, 'n Jood gevind met die naam van Barjesus.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het hulle die hele eiland deurgegaan tot by Pafos, waar hulle ’n Joodse towenaar teëgekom het, ’n vals profeet met die naam Barjesus.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos en 'n towenaar gevind, 'n valse profeet, 'n Jood met die naam van Bar-Jesus.
Afrikaans 1983 Daarna het hulle die hele eiland deurgegaan tot by Pafos, waar hulle 'n Joodse towenaar met die naam Barjesus teëgekom het, wat voorgegee het dat hy 'n profeet is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het deur die hele eiland gereis tot in Pafos, waar hulle 'n sekere Joodse towenaar aangetref het, 'n vals profeet met die naam Barjesus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het deur die hele eiland gegaan tot by die stad Pafos. Daar het hulle 'n man ontmoet, sy naam was Barjesus. Hy was 'n Joodse towenaar en 'n vals profeet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Met hulle aankoms by Pafos het hulle ’n Joodse towenaar raakgeloop. Sy naam was Barjesus. Hy het gemaak of hy ’n boodskapper van God was. Die goewerneur, Sergius Paulus, ’n baie intelligente man, het die wêreld van hom gedink.