Acts 13:50 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die Jode het die vroom en eerbare vroue en die hoofmanne van die stad aangehits en vervolging teen Paulus en Bárnabas laat opkom en hulle uit hulle grondgebied verdryf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die Jode het vooraanstaande vroue wat vir die ware God ontsag gehad het, asook toonaangewende burgers van die stad, opgesweep. Hulle het ’n betoging teen Paulus en Barnabas bewerk, en hulle uit die streek weggejaag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die Jode het die godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en B rnabas 'n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf. |
| Afrikaans 1983 | Maar die Jode het vooraanstaande godvresende vroue en toonaangewende burgers van die stad teen Paulus en Barnabas opgesweep. Hulle is vervolg en uit die streek verdrywe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Jode het egter die godsdienstige vroue uit die vooraanstaande kringe en ook die leiers van die stad aangehits, en hulle het 'n vervolging teen Paulus en Barnabas ontketen en hulle uit hulle gebied verdryf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Jode het gepraat met die belangrike vroue wat vir God respekteer, en met die belangrike mans in die stad. Die Jode het vir hulle gesê hulle moet téén Paulus en Barnabas wees. Ja, die Jode het begin om vir Paulus en Barnabas baie swaar te laat kry, en die Jode het hulle weggejaag van daardie plek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Joodse owerhede was baie kwaad daaroor. Hulle het agteraf ’n aantal leiersfigure in die stad en ook ’n groep belangrike vroue opgesteek om Paulus en Barnabas met geweld te laat verwyder. |