Acts 13:48 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die heidene dit hoor, was hulle bly en het die woord van die Here verheerlik; en almal wat tot die ewige lewe bestem was, het geglo.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die nie-Jode dit hoor, was hulle baie bly en hulle het die woord van die Here toegejuig. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword.
Afrikaans 1933/1953 En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe.
Afrikaans 1983 Toe die heidene dit hoor, was hulle baie bly oor die woord van die Here en het hulle dit toegejuig. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die heidene dit hoor, was hulle bly en vol lof oor die woord van die Here. En diegene wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die heidene hoor wat Paulus en Barnabas gesê het, was hulle baie bly en hulle het die Here geprys oor sy boodskap vir hulle. Die Here het mense gekies om die ewige lewe te kry, en al daardie mense het begin glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die mense wat nie Jode was nie hierdie woorde hoor, het hulle begin hande klap en juig. Hulle het God geloof omdat Hy ook vir hulle omgee. Almal van hulle wat deur God uitgesoek is om ’n plek in sy nuwe wêreld te kry het toe tot geloof in Jesus gekom.