Acts 13:47 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so het die Here ons beveel en gesê: Ek het jou gestel as 'n lig vir die heidene, sodat jy tot redding sou wees tot aan die eindes van die aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Immers met hierdie woorde het die Here ons ’n opdrag gegee: ‘Ek het Jou gegee as ’n lig vir die nie-Joodse nasies sodat Jy verlossing kan bring tot in die uithoeke van die aarde.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U 'n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde. |
| Afrikaans 1983 | want so lui die Here se opdrag aan ons: “Ek het U gegee as 'n lig vir die nasies, sodat U verlossing kan bring tot in die uithoeke van die aarde. ” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want so het die Here dit aan ons opgedra: “ ‘Ek het jou aangewys as 'n lig vir die nasies, sodat jy verlossing kan bring tot aan die uiteindes van die aarde.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die Here het hierdie woorde vir ons gesê: “ Ek het jou gekies en aangestel om 'n lig te wees vir die ander volke, en jy moet vir hulle vertel dat Ek al die mense op die aarde wil red.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ‘Ek het jou aangestel om ’n lig vir ander volke te wees. Jy moet vir almal tot aan die verste uithoeke van die wêreld gaan vertel dat Ek hulle verlos.’” |