Acts 13:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Paulus en Bárnabas vrymoedig geword en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God eers tot julle gespreek moes word;
Afrikaans (NLV) 2011 Paulus en Barnabas het toe reguit vir hulle gesê: “Die woord van God moes eerste aan júlle verkondig word. Maar omdat julle dit verwerp en daarmee beslis dat julle die ewige lewe nie werd is nie, wend ons ons nou tot die nie-Jode.
Afrikaans 1933/1953 Maar Paulus en B rnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie -- kyk, ons wend ons tot die heidene.
Afrikaans 1983 Paulus en Barnabas het reguit vir hulle gesê: “Die woord van God moes eerste aan julle verkondig word. Maar omdat julle dit verwerp en daarmee beslis dat julle die ewige lewe nie werd is nie, gaan ons nou na die mense toe wat nie Jode is nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Paulus en Barnabas het prontuit vir hulle gesê: “Die woord van God moes eerste aan júlle verkondig word. Maar aangesien julle dit verwerp en julleself nie die ewige lewe werd ag nie, kyk, nou wend ons ons tot die heidennasies.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Paulus en Barnabas was nie bang nie en hulle het gesê: “Dit was reg dat ons eers vir júlle die boodskap van God moes bring. Maar omdat julle dit nie glo nie, wys julle dat julle nie goed genoeg is om die ewige lewe te kry nie. Daarom gaan ons nou na die heidene.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Paulus en Barnabas het skerp daarop gereageer: “Ons moes eerste met julle oor God se verlossingsdade kom praat. Maar noudat julle die rug daarop gekeer het, moet julle weet dat julle die ewige lewe gaan misloop. Ons gaan nou die goeie nuus meedeel aan mense wat nie Jode is nie. God het ons beveel om na hulle toe te gaan toe Hy vir ons gesê het: