Acts 13:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die gemeente opgebreek is, het baie van die Jode en godsdienstige proseliete vir Paulus en Bárnabas gevolg, wat met hulle gepraat het en hulle oorreed het om in die genade van God te bly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ná die sinagogediens het baie van die Jode en van die nie-Jode wat proseliete geword het, saam met Paulus en Barnabas gegaan. Dié twee het met hulle gepraat en hulle aangemoedig om op die genade van God te bly vertrou. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en B rnabas gevolg. Di, het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly. |
| Afrikaans 1983 | Nadat die sinagoge uit was, het baie van die Jode en van die mense wat vantevore uit die heidendom tot die Jodedom oorgegaan het, saam met Paulus en Barnabas gegaan. Dié het met hulle gepraat en hulle aangemoedig om op die genade van God te bly vertrou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die sinagoge verdaag het, het baie van die Jode en die godsdienstige proseliete Paulus en Barnabas gevolg, wat met hulle gepraat en hulle oortuig het om in die genade van God te bly leef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe die vergadering in die sinagoge klaar was, het baie van die Jode en die ander mense saam met Paulus en Barnabas gegaan. Die ander mense het vir God gerespekteer omdat hulle die Jode se godsdiens aanvaar het. En Paulus en Barnabas het met hulle gepraat en vir hulle gesê hulle moet aanhou om te glo in die boodskap van God se genade. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Paulus en Barnabas het nog lank met hulle gepraat. Hulle het vir die mense gesê: “Hou altyd net aan God se goedheid vas. Glo in Christus!” |