Acts 13:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die Jode uit die sinagoge uitgegaan het, het die heidene gesmeek dat hierdie woorde die volgende sabbat aan hulle verkondig moes word.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Paulus en Barnabas die sinagoge verlaat, het die mense hulle gevra om die volgende Sabbatdag meer van dié dinge te vertel.
Afrikaans 1933/1953 En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het die heidene versoek dat daardie woorde op die volgende sabbat tot hulle gespreek sou word.
Afrikaans 1983 Terwyl hulle die sinagoge verlaat, het die mense vir Paulus en Barnabas gevra om hulle die volgende sabbatdag meer van hierdie dinge te vertel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Paulus en Barnabas buite kom, het die mense gesmeek dat hierdie dinge op die volgende Sabbat ook aan hulle vertel word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl Paulus en Barnabas uit die sinagoge gegaan het, het die mense hulle gevra om op die volgende Sabbatdag weer oor hierdie dinge te praat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die diens in die sinagoge verby was, het die mense vir Paulus gevra om weer die volgende sabbat met hulle oor Jesus te kom praat. Terwyl hulle begin huis toe gaan, het ’n groot groep Jode en ’n klompie persone wat hulle vroeër tot die Joodse geloof bekeer het, agtergebly.