Acts 13:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat dit dan aan julle bekend wees, manne en broeders, dat deur hierdie man die vergewing van sondes aan julle verkondig word.
Afrikaans (NLV) 2011 “Daarom, geagte volksgenote, moet julle goed weet wat nou aan julle verkondig word: vergewing van sondes deur Jesus! Julle kon nie deur die wet van Moses God se vryspraak verkry nie,
Afrikaans 1933/1953 Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,
Afrikaans 1983 [38-39] “Daarom, broers, moet julle goed weet dat wat aan julle verkondig word, die vergewing van sondes deur Hóm is, en dat elkeen wat glo, deur Hom vrygespreek word van alle sondes. Die wet van Moses kon julle nie vryspreek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ...
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vriende, Jesus het dit alles gedoen, en daarom moet julle weet dat ons vir julle kan preek dat God sondes vergewe. Die Wette van Moses kon julle nie vryspreek nie, maar God vergewe ook al hierdie sondes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Vriende, julle moet mooi luister na wat ek vandag vir julle sê: julle moet begryp dat Jesus al julle sondes kan vergewe. Dit is die boodskap wat ek vandag aan julle bring.