Acts 13:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy wat God weer opgewek het, het geen verderf gesien nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Nee, die verwysing is na Iemand anders: Hóm het God opgewek, sý liggaam het nie tot niet gegaan nie.
Afrikaans 1933/1953 maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie.
Afrikaans 1983 Maar Jesus se liggaam het nie vergaan nie; God het Hom uit die dood opgewek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar Hy vir wie God opgewek het, het nie ontbinding beleef nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar God het vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe, en sy liggaam het nie stof geword nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Jesus is deur God lewendig gemaak. Hy sal nooit weer die binnekant van die doderyk met al sy verrotting sien nie.