Acts 13:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Dawid het, nadat hy sy eie geslag deur die wil van God gedien het, aan die slaap geval en by sy vaders neergelê en verderwing gesien.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit verwys nie na Dawid nie, want hy het tog gesterf nadat hy die mense van sy eie tyd gedien het soos God beskik het. Hy is by sy voorgeslagte begrawe, en sy liggaam hét tot niet gegaan.
Afrikaans 1933/1953 Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, en is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien,
Afrikaans 1983 “En volgens die besluit van God het Dawid tog gesterwe nadat hy die mense van sy tyd gedien het. Hy is by sy voorvaders begrawe, en sy liggaam het vergaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Want Dawid het, nadat hy sy eie geslag volgens God se raadsbesluit gedien het, gesterf, en is by sy voorvaders begrawe – en hy het ontbinding beleef;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Dawid het sy mense gedien soos God besluit het, en toe het hy gesterf. Hulle het vir Dawid begrawe by sy voorvaders en daar het niks van hom oorgebly nie, sy liggaam het stof geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dawid het natuurlik nie oor homself gepraat toe hy dit geskryf het nie. Hy is immers lankal dood en begrawe. Van hom het daar niks oorgebly nie.