Acts 13:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En aangaande dat Hy hom uit die dode opgewek het, om nou nie meer tot verderflikheid terug te keer nie, het hy op hierdie wyse gesê: Ek sal jou die vaste barmhartighede van Dawid gee.
Afrikaans (NLV) 2011 “God het Hom uit die dood laat opstaan, en daarom sal Hy nooit tot niet gaan nie. Dit het God met die volgende woorde gesê: ‘Ek sal vir julle die beloftes vervul wat Ek betroubaar aan Dawid toegesê het.’
Afrikaans 1933/1953 En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy so gespreek: Ek sal aan julle gee die heilige weldade van Dawid wat betroubaar is.
Afrikaans 1983 “God het Hom uit die dood laat opstaan, en daarom sal Hy nooit vergaan nie. Dit het God met die volgende woorde gesê: “Ek sal vir julle die heilige en betroubare beloftes vervul wat Ek aan Dawid toegesê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “En omdat Hy Hom uit die dood sou opwek, sodat Hy nooit weer na ontbinding terugkeer nie, het Hy soos volg gesê: “ ‘Ek sal aan julle die heilige en betroubare beloftes van Dawid gee.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ons wil ook vir julle die goeie boodskap bring dat God vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe het en dat Jesus nie weer sal sterf nie. God het dit so in die Ou Testament gesê: “ Ek sal vir julle die dinge gee wat Ek vir Dawid belowe het, en julle moet weet dat die dinge wat Ek belowe het, waar is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Toe God Jesus lewendig gemaak het, het Hy dit eens en vir altyd gedoen. Jesus sal nooit weer doodgaan en in die doderyk vergaan nie. So het God alles waar laat word wat Dawid vroeër gesê het: