Acts 13:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | God het dit aan ons, hulle kinders, vervul deurdat Hy Jesus weer opgewek het; soos ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het dit vir ons, hulle nageslag, vervul deur Jesus te laat opstaan. So staan dit dan ook in die tweede psalm oor Jesus geskryf: ‘Jy is my Seun; Ék het jou vandag verwek.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer. |
| Afrikaans 1983 | vir ons, hulle nageslag, vervul het deur Jesus uit die dood te laat opstaan. So staan daar dan ook in die tweede psalm geskrywe: “Jy is my Seun, vandag het Ek aan jou die lewe gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | vir ons, hulle kinders, vervul het deurdat Hy Jesus laat opstaan het, soos daar in die tweede psalm geskryf staan: “ ‘Jy is my Seun; vandag het Ek jou verwek.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het nou gedoen wat Hy belowe het, Hy het dit gedoen vir ons wat die nageslag van ons voorouers is. Hy het dit gedoen toe Hy vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe het, soos daar in die tweede Psalm geskryf is: “ Jy is my Seun, Ek is van vandag af jou Vader. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons, hulle kinders, kan nou hoor en sien dat dit waar geword het toe Hy Jesus lewendig gemaak het. Een van die psalms beskryf dit glashelder: ‘Jy is my Seun. Net jy! Vandag verklaar Ek voor almal dat Ek jou Vader is.’ |