Acts 13:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Manne en broeders, kinders van die geslag van Abraham, en elkeen onder julle wat God vrees, aan julle is die woord van hierdie verlossing gestuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Geagte volksgenote, seuns uit die geslag van Abraham, en julle ander wat vir God ontsag het, aan óns het God die boodskap van hierdie verlossing gestuur! |
| Afrikaans 1933/1953 | Broeders, kinders van die geslag van Abraham, en die onder julle wat God vrees, vir julle is hierdie woord van verlossing gestuur. |
| Afrikaans 1983 | “Broers, nakomelinge van Abraham, en julle, godvresendes, aan ons het God hierdie boodskap van die verlossing gestuur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Broers, kinders van Abraham se geslag, en die godvresendes onder julle, aan ons is die boodskap van hierdie verlossing gestuur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Vriende, julle wat die nageslag van Abraham is, en julle ander wat vir God respekteer, God het vir ons hierdie boodskap gestuur dat Hy ons red. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Broers, julle is Abraham se nageslag. Julle is die mense wat groot respek vir God het. Weet julle, hierdie boodskap van verlossing is spesiaal vir julle bedoel. |