Acts 13:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe Johannes eers voor sy koms die doop van bekering aan die hele volk van Israel verkondig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Voor sy koms het Johannes die bekeringsdoop aan die hele volk Israel verkondig. |
| Afrikaans 1933/1953 | nadat Johannes voor sy koms eers die doop van bekering aan die hele volk van Israel verkondig het. |
| Afrikaans 1983 | Voor Jesus se koms het Johannes die hele Israel opgeroep om hulle te bekeer en te laat doop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Voor Jesus se openbare optrede het Johannes aan die hele volk Israel die doop van bekering verkondig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Voordat Jesus met sy werk begin het, het Johannes vir die hele volk Israel gepreek. Johannes het gesê die mense moet verander en hulle moet lewe soos God wil hê en hulle moet hulle laat doop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net voor Hom het Johannes die Doper daar in Galilea opgetree. Hy het vir die volk gesê dat hulle hulle sondes moet laat staan en hulle tot God moet bekeer. Diegene wat bereid was om dit te doen, is toe deur hom gedoop. |