Acts 13:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat hy hom verwyder het, het hy vir hulle Dawid laat opstaan om hulle koning te wees; aan wie hy ook getuig en gesê het: Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, 'n man na my hart, wat al my wil sal vervul. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat God hom verwyder het, het Hy Dawid vir hulle as koning voorsien. Van hom het God getuig: ‘Ek het Dawid, seun van Isai, gekry; hy is ’n man na my hart. Hy sal alles doen wat Ek wil hê.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, 'n man na my hart, wat al my welbehae sal doen. |
| Afrikaans 1983 | Nadat God hom van sy amp onthef het, het Hy Dawid as koning oor hulle aangestel. Van hom het God gesê: ‘Ek het in Dawid seun van Isai 'n man na my hart gevind. Hy sal al my opdragte uitvoer.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat God hom as koning verwyder het, het Hy Dawid tot hulle koning gemaak. Oor hom het Hy soos volg getuig, ‘In Dawid, die seun van Isai, het Ek 'n man na my hart gevind, wat al my wilsbesluite sal uitvoer. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En nadat God vir Saul laat ophou het om koning te wees, het Hy vir Dawid gekies en aangestel om koning te wees oor die Israeliete. God het gesê: ‘ Ek het gesien dat Dawid, die seun van Isai, 'n man is wat lewe soos Ek wil hê. Hy sal alles doen wat Ek wil hê.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat God hom van die toneel verwyder het, het Hy Dawid as die nuwe koning aangewys. God het van hom gesê: ‘Ek het oral gesoek totdat ek Dawid, Isai se seun, gekry het. Hy is iemand so reg na my hart. Hy sal alles doen wat Ek vir hom sê.’ |