Acts 13:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Terwyl hulle die Here dien en vas, het die Heilige Gees gesê: Skei Barnabas en Saulus vir My af vir die werk waartoe Ek hulle geroep het.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Keer toe hulle bymekaar was om die Here te dien en om te vas, het die Heilige Gees gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.”
Afrikaans 1933/1953 En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou B rnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
Afrikaans 1983 Toe hulle op 'n keer bymekaar was om die Here te dien en om te vas, het die Heilige Gees gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees vir hulle gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af vir die werk waartoe Ek hulle geroep het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees vir hulle gesê: “Ek het vir Barnabas en Saulus gekies om werk vir My te doen, julle moet nou vir hulle aanstel om die werk te gaan doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op ’n dag, terwyl hulle besig was om te vas en ernstig tot die Here te bid, het die Heilige Gees vir hulle kom sê: “Julle moet Barnabas en Saulus nou losmaak van hulle werk in die gemeente. Daar wag ’n nuwe taak op hulle.”