Acts 13:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die God van hierdie volk Israel het ons vaders uitverkies en die volk verhoog toe hulle as vreemdelinge in Egipteland gewoon het, en Hy het hulle met 'n hoë arm daaruit uitgelei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die God van hierdie volk Israel het ons voorgeslag uitgekies en hulle voorspoedig gemaak toe hulle in Egipte as uitlanders gewoon het. Hy het hulle kragtig daarvandaan uitgelei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die God van hierdie volk Israel het ons vaders uitverkies en die volk verhoog toe hulle bywoners in Egipteland was, en met 'n hoë arm hulle daaruit gelei. |
| Afrikaans 1983 | Die God van hierdie volk Israel het ons voorvaders uitgekies en hulle 'n groot volk gemaak toe hulle as vreemdelinge in Egipte gewoon het. Hy het hulle deur sy groot mag daarvandaan uitgelei |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die God van hierdie volk Israel het ons voorouers uitverkies, en het hulle tydens hulle verblyf as •vreemdelinge in Egipteland tot 'n volk verhef, hulle met 'n uitgestrekte arm daar uitgelei, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die God van hierdie volk Israel het ons voorouers gekies, en toe hulle vreemdelinge in die land Egipte was, het Hy die volk baie meer laat word. Hy het gewys hoe sterk Hy is en Hy het die volk Israel uitgelei uit Egipte. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God het ons voorvaders baie jammer gekry. Daarom het Hy hulle as sy volk uitgekies. Toe hulle nog slawe en vreemdelinge in Egipte was, het Hy hulle daar gaan uithaal en van hulle ’n groot volk gemaak. |